Ons loop hand in hand
Al langs die kus
Op Melkbosstrand
Pappa en seun
In ‘n sprokiesland
Die golwe gesels
En die warm sand brand
Maar dis net ek en jy
Hier op Melbosstrand
Die son raak nou laag
Op die horisonrant
En die wolke baljaar
Op die hemel se wand
Maar dit bly tot laat lig
Hier op Melkbosstrand
Die donker syfer in
Daar aan die Ooste se kant
Die skemer kom haal ons
Ek vat weer jou hand
En ons loop al langs die kus
Van Melkbosstrand
Share this: