Met jou stem soos somer en oë soos Oktober
Met jou pynlike prag my hart verower
Ek het knus gelê in die wieg van jou woorde
En gedans op die maat van jou silwer akkoorde
Jy het my gelei na die hemel se oorde
En al krap ek nogsteeds aan die verlede se rowe
‘n Ewige slagoffer van liefde se moorde
In die kriewelende nag was ek hemel belowe
‘n Aand in goud gestol soos my hoopvolle drome
En in die kaal maanlig het jy my betower

Posted by Charl Mijnhardt

Charl Mijnhardt is an established freelance writer with a special interest in wellness and mental health. He is also an experienced technical writer with many years' experience writing for the security industry. He currently lives in South Africa with his wife, Nastasia, and his cat, Gizmo. Hire him to write engaging copy for your website, blog, e-book, newsletter or marketing communications.

Leave a reply G¯F¯X¯F¯U¯L¯L¯.¯N¯E¯T

Your email address will not be published. Required fields are marked *